Wit leuens en lastige waarhede / White lies and inconvenient truths
Baie dankie vir die voorreg om dié besondere uitstalling te open – so keurig aangebied deur Rex en Thea Nigrini.
Ek begin deur vir julle ʼn paar paragrawe te lees uit ʼn outobiografie – half vermaaklik en eweso dalk megalomanies – in Engels, vertaal uit die oorspronklike Duits, geskryf in 1888 en eers 20 jaar later die eerste keer gepubliseer. My teksvers sal ek duidelik aandui.
Die essay waaruit dié gedeelte kom heet “Why I am so clever”.
It was Heinrich Heine who gave me the most perfect idea of what a lyrical poet could be. I search in vain through all the realms of antiquity or of modem times for anything to resemble his sweet and passionate music. He possessed that divine malice without which perfection itself becomes unthinkable to me — I estimate the value of men, of races according to whether they are unable to conceive of a god who has not a dash of the satyr in him. And with what mastery he wields his native tongue!
One day it will be said of Heine and me that we were by far the greatest artists of the German language that have ever existed and that we left all the efforts that mere Germans made in this language an incalculable distance behind us. I must be profoundly related to Byron’s Manfred: of all the dark abysses in this work I found reflected in my own soul—at the age of thirteen I was ripe for this book. Words fail me— I have only a look for those who dare to utter the name of Faust in the presence of Manfred. The Germans are incapable of any conception of greatness: for a proof of this look at Schumann!
Out of anger for this mawkish Saxon I once deliberately composed a counter-overture to Manfred of which Hans von Bulow declared he had never seen the like before on paper: such compositions amounted to a violation of Euterpe. When I cast about me for my highest formula for Shakespeare I find invariably in that he conceived the type of Caesar. Such things a man cannot guess—he either has it or he does not.
The great poet draws his creations only from out of his own reality. This is often to such an extent that often after a period of time he can no longer endure his own work. After casting a glance at the pages of my Zarathustra I pace my room to and fro for half an hour at a time unable to overcome an insufferable fit of tears.
I know of no more heartrending reading than Shakespeare: how a man must have suffered to be so much in need of playing the clown! Is Hamlet understood? It is not doubt but certitude that drives one mad. But in order to feel this one must be profound, one must be an abyss, a philosopher. We all fear the truth.
Die teksvers het julle soos ʼn goeie gemeente gespot: It is not doubt but certitude that drives one mad. En dié woorde: We all fear the truth.
Die skrywer is Friedrich Nietzsche en die boek waaruit dit kom, is Ecce Homo, met die subtitel “How One Becomes What One Is”. Nietzsche was ook die man wat bekend is vir die opmerking, weer in Engels, We need art in order not to die of truth.
Ecce Homo was Nietzsche se laaste boek en ook die een waarin hy homself as hanswors voorstel. Uit die trant van die boek en tesame met die verspotte oordrywings blyk dit Nietzsche het sy tong diep in sy kies.
Nietemin. Ná Nietzsche se dood is sy suster, Elizabeth Förster-Nietzsche, met ʼn rooi pen deur al sy skryfwerk en het sy redaksionele veranderings aangebring sodat haar broer sou lyk na ʼn stoere ondersteuner van Duitse nasionalisme. Dit was veral die gedeeltes met kritiek op Duitsland wat in die slag gebly het.
In 1935 het Hitler haar begrafnis bygewoon…
En daarmee is ons by hierdie wonderlike uitstalling van Corné Joubert, Marinda du Toit en Piet Grobler – drie begaafde en gedugte kunstenaars wat wys genoeg is om te weet sekerheid dryf ‘n mens tot waansin en gek genoeg om te weet ons almal vrees die waarheid. Of die gedaantes waarin die waarheid sig voordoen. Want, soos Piet oor bronne van “die waarheid” opmerk: “Sprokies, fabels, gelykenisse, testamente, getuigskrifte, belydenisskrifte, wette, dokumente, verklarings, nuusvrystellings, grappe, ouvroustories, dronkmanspraatjies, nonsens, kakpratery, teorieë, heilige én profane boeke, vertalings, berymings, rymelary en prentjies is almal varkies wat uit dieselfde trog vreet.”
Dié bronne takel dié drie met finesse en verbeelding, met fanfare; met “divine malice” en “a dash of a satyr”. Elkeen in sy en haar idioom wat ons gaandeweg met hulle begin assosieer het.
Marinda du Toit het haar staal gewys in die maak van twee- en driedimensionele kunsobjekte, van animasieprente, maar dit is ook met haar vernuf met gevonde objekte, wat sy “junk” sou noem, waarmee sy die afgelope paar jaar soveel sukses behaal. Iets van ʼn kraai, van ʼn versamelaar van ledemate, van alles wat ledemate kan word, én van woorde en woordspelings, knoop en knoei sy onderdele aanmekaar wat groei tot posture en suggesties van posture – vergelyk die werk met die titel Preacher / Politician / Prostitute / Take you Prick. Dit is juis in die suggestie, die afheid en die vlym verbeelding (en uitbeelding) waarin die kunstenaar (of filosoof) as hanswors blyk.
Soos wat Marinda woorde as ʼn narresepter swaai, is dit stories wat ʼn onderbou vorm vir Corné Joubert se figure, pikant gemonteer op helder oranje viltvoetstukke, en tekeninge. As woordsmid – sy is ook dramaturg – en hier as keramiekkunstenaar gee sy gestalte aan stereotipes en die soort “shortcuts” wat ons dikwels vat om netelige situasies onder woorde te bring. Soms wit leuen, soms lastige waarheid. Dit is byvoorbeeld onwaar dat alle politici Pinnochio-neuse het. Of is dit?
Moontlik onthul die figure nie hul stories by eerste oogopslag nie. Sommige van hulle vertel hul stories eers as jy stil gaan sit en luister, na ʼn hele paar koppies koffie, of glase wyn.
Wat opval in die werk van al drie kunstenaars is die noue band tussen die visuele en taal, en die fyn aanvoeling tussen visuele beeld en woordbeeld. Hier is nie sprake van kunswerke met titels nie – dikwels weet ʼn mens nie wat was eerste nie, weet ʼn mens nie wat was vonk en wat is nagloei nie. Wat jy wel weet is dat jy jou kan verkneukel aan die spel met woord, die spel tussen sin en versinsel, tussen waarheid en fiksie. En self moet uitmaak watter een die vreemdste is.
So is stories die matrys vir Piet Grobler se tekeninge en collages. Dit is as illustreerder van kinderboeke dat hy sy merk gemaak het, ook met volop internasionale erkenning. Wat uit dié versameling werk blyk is dat die meester sonder ʼn uitgewerkte narratief ʼn storieboek optower in ʼn enkele tekening. So sit ʼn ganse wêreld opgesluit in ʼn werk soos Portrait of the holy man as a boy.
In die einste Ecce Homo skryf Nietzsche: “I have a terrible fear that one day I will be pronounced holy: you will guess why I publish this book beforehand; it should prevent people from doing mischief with me. I do not want to be a holy man, sooner rather a Hanswurst. – Perhaps I am a Hanswurst.”
Om hanswors te wees, is nie altyd om ʼn narrepak aan te hê nie. Dit sou nie ʼn wit leuen wees nie, gewoon net onwaar. As ek Nietzsche geparafraseer reg verstaan benadruk hy dat humor ʼn vaardiger voertuig as tragedie is om in die aangesig van tragedie ʼn persepsie van die self te formuleer wat kan triomfeer oor noodlot en die lewe.
Dit is wat ek meen ʼn uitstalling soos dié bewerkstellig. Ons kry die geleentheid om die tragedie van die wit leuen – ter wille van oorlewing – en die lastige waarheid – in ʼn poging om nie van waarheid om te kom nie – in die oog te kry met die hulp van humor. Om te keer dat ons nie gek word van sekerheid nie.
Marinda, Corné, Piet: Dankie dat julle jul twyfel so heerlik met ons deel en in ʼn tyd van fopnuus en foppers van allerlei aard ons weer eens daaraan herinner dat ons kuns nodig het om nie te verstik aan waarheid nie.
En dalk sou ek in die trant van ʼn preek iets kon byvoeg soos amen. Wat, as ek dit reg het, iets beteken soos: Dit is alles waar en seker.
Johan Myburg